Local newsNewsSchools

Dierehospitaal kuier by Ram

Ram se Graad 1's leer hoe om troeteldiere te versorg.

Byna 220 Graad 1’s van Laerskool Randfontein (Ram) is touwys gemaak hoe om troeteldiere te versorg.

Dit alles te danke aan die Randfontein Dierehospitaal-personeel wat onlangs die skool besoek het.

Annie Nolan, woordvoerder van Ram sê, “Laerskool Randfontein glo daarin om elke leerling die beste moontlike geleenthede te bied.

“Dis nie vandag altyd maklik, veilig of bekostigbaar om groot uitstappies te reël nie en daarom het die bestuur van Ram besluit om ‘instappies’ te reël waar verskillende organisasies die skool kom besoek.

“Gedurende die jaar het kultuurgroepe, die dieretuin- en planetariumpersoneel, veeartse, dokters en selfs tandartse Ram-leerlinge kom besoek.”

Dr Johan Naudé, veearts by die Randfontein Dierehospitaal het dié keer die praatwerk gedoen.

Johan het sy eie hond, Nina – ‘n opgeleide swart Labrador – saamgebring.

Ram-leerling Brendon Venter hou ‘n klein Jack Russel vas tydens die instappie van Randfontein Dierehospitaal. Foto: Annie Nolan.
Ram-leerling Brendon Venter hou ‘n klein Jack Russel vas tydens die instappie van Randfontein Dierehospitaal. Foto: Annie Nolan.

Leerlinge is geleer wat die simptome van ‘n siek hond is en wanneer dit nodig is om hulle veearts toe te neem.

Die Graad 1’s het vrae beantwoord oor wat hulle geleer het en elkeen het ‘n notaboek en pen ontvang. Die pryse is geborg deur die Dierehospitaal en Ultra Dog hondekos wat deur Nola gemaak word.

Die leerlinge het daarna ‘n beurt gekry het om met klein Jack Russells te speel en ‘n prentjie van hulself met hul troeteldiere te teken.

“Leerlinge het die dag baie geniet. Die Graad 1-personeel en hoof van Ram, Leon Haupt, bedank graag die Randfontein Dierehospitaal se Johan en Nola vir die puik instappie,” het Annie gesê.

Ram-leerling, Mia van Deventer met die prys wat sy gewen het. Foto: Annie Nolan.
Ram-leerling, Mia van Deventer met die prys wat sy gewen het. Foto: Annie Nolan.

Related Articles

Back to top button