Local newsNews

Tuisonderigleerlinge bederf kinder- en ouetehuis

'Dit was 'n groot voorreg om 'n glimlag op al die kindertjies se gesigte te sien.'

Tuisonderigleerlinge van die Tshwane Home Educators Academy van Pretoria asook hul toesighouer Sonja van Tonder het Donderdag 18 Junie na AGS Randfontein se Villa Lubet Eldad kinderhuis en El Shaddai ouetehuis uitgereik.

Die bejaardes by die ouetehuis is bederf met smaaklike drinkgoed, worsbroodjies en lekkernye terwyl die tuisonderigleerlinge lekkers en geskenke aan die kindertjies van die kinderhuis uitgedeel het.

Die Pretoria-leerlinge het ook vir hulle gesing.

Sonja bedank hul borge, Antonie en Jackie van Wyk wat die dag moontlik te gemaak het asook elke leerling van die akademie vir hul ondersteuning.

“Dit was ‘n groot voorreg om ‘n glimlag op al die kindertjies se gesigte te sien. Dit was sowaar die moeite werd,” het Sonja gesê.

Pastoor Gerrit Pretorius (leier van die kinderhuis en die ouetehuis) asook Toetsie Schimper van AGS Randgate.

• Navrae: Vir enige navrae oor Villa Lubet Eldad (kinderhuis) en El Shaddai (ouetehuis) skakel gerus Gerrit Pretorius by 072 068 7824 of die kerkkantoor by 011 692 1165.

Related Articles

Back to top button