Local newsNewsSchools

Gauteng-netbal ‘gaps’ Rierand-onnie

Netbal neem onderwyseres na hoër hoogtes

Wat kan ‘n mens sê? As jy goed is, is jy goed …

Dit is die geval met Suzanne Tiedt, ‘n onderwyser en netbalafrigter van Hoërskool Riebeeckrand wat onlangs as ‘n Gauteng-netbalafrigter vir die o.18’s aangewys is.

Volgens die skool se woordvoerder, Elzeri Wright het Suzanne nog altyd ‘n groot passie vir netbal gehad en die geleentheid met albei hande aangegryp. Sy het vanjaar Rierand se o.16A’s asook die eerstenetbalspan afgerig.

Die netbaltoernooi skop op 27 Junie af en eindig eers op 2 Julie.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op hulle uitblinker-netbalafrigter en wens haar sterkte toe met haar Gauteng-span.

Related Articles

Back to top button