O patat, dis groot!

Randfonteiner oes 'n 4kg-patat.

‘n Randfonteiner met groen vingers het ‘n 4kg-patat in sy klein tuin geoes. Die patat lyk boonop soos ‘n pasgebore baba.

Dawid Bothma, 81, wat die patat gekweek het, woon in Hillside en het in die lente sy patats geplant. Hy het nooit in sy wildste drome gedink hy sal uiteindelik ‘n 4kg-patat in sy tuin oes nie.

“Ek is al oud en ek het nog nooit sulke groot patats gesien nie,” vertel Dawid. Hy kweek groente in ‘n klein tuin langs die huis waarin hy woon.

“Ek kweek groente sedert ek agt jaar oud is.”

Toe die Herald vir Dawid vra sy geheim is, was sy antwoord, “Dis my geheim maar ek sê jou, ek het hulle reg in die mis geplant.”

Die res van Dawid se patats was klein in vergelyking met sy meneer-van-‘n-4kg-patat. Hulle was ‘net’ 500g elk.

Patats word in die lente geplant. Hulle is somer groente en word gekweek van patatuitloopsels. Wanneer ‘n patat mooi uitgeloop het, kan dit geplant word. Dawid moet nog die laaste van sy patats oes.

Die presiese plek waar die patat geoes is.

Hoe om patats te kweek

• Sny uitloopsels uit patats

• Plant dit in die grond so 15cm van mekaar af

• Voed dit met kunsmis

Bothma-familie se patatarolkoek

Bestanddele:

• Twee patats

• Botter (opsioneel)

• Bruinsuiker

• Blaardeeg

• Room (opsioneel)

• Roomys (opsioneel)

Metode:

• Kook patats sag

• Maak fyn en meng met botter

• Laat dit af koel

• Rol blaardeeg uit (2cm dik) en smeer fyn patats op blaardeeg

• Rol op soos rolkoek

• Plaas in oondbak

• Sprinkel met bruinsuiker en room

• Bak vir 20 minute by 180°C

• Bedien met roomys (opsioneel)

“Jy kan dit as nagereg of as ‘n bykos, veral met potjiekos bedien,” sêe Dawid se dogter, Gerda Benadé.

Die Herald was so beïndruk met die resep dat joernalis Roxy de Villiers die rolkoek by die huis gemaak het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version