Dié boer maak plan met gras

Die Herald kyk na 'n plaaslike boer se liefde vir gras.

Hendrik van Wyk, ‘n boer van die omgewing produseer voer al vir die afgelope vyf jaar vir verskillende soorte lewende hawe.

Hendrik het in die tipe boerdery begin belangstel toe hy eerstens besef het dat hy wou boer. Toe hy sy passie vir perde ook begin uitleef, het hy besef dat hierdie dalk ‘n manier is om hom as boer te vestig.

Gewasse soos lusern, grasse soos oulandsgras, tef en lusern droog maklik uit en word dan as hooi gebaal. Al die saad word aangekoop en elke jaar in September werk Hendrik van 4vm tot 9nm om die grond voor te berei. Die grond word omgeploeg en dan word die saad gesaai. Die einde van die seisoen is Mei.

Tef is ‘n baie dun gras. Dit is ‘n eenjarige somergras en kan twee tot drie keer ‘n jaar gesny word. Oulandsgras is ‘n meerjarige gras en kan ook twee tot drie keer ‘n jaar gesny word. Lusern kan elke sewe weke gesny en dan gebaal word. Die tefsaad word in die fynsaadplanter ingegooi waar dit aan die einde van die proses in die grond gerol word. Tefsaad en oulandsgrassaad kan gemeng en saamgesaai word.

Hendrik wys hoe tef- en oulandsgrassaad lyk.

Lusern gee ‘n meer stokkerige vorm van hooi wat baie hoog in proteïene is. Die hooi is nie geskik vir perde nie, want die hoë proteïeninhoud veroorsaak dat die perde se ligamente swel. Skape, beeste en bokke kan oulandsgras, tef en lunsern gevoer word, terwyk oulandsgras en tef beter is vir perde en wild.

Oulandsgras word deur ‘n bossiekapper gesny want dit versnipper nie die gras so erg nie. Perde-eienaars verkies dit so. Dit baal ook makliker.

Tef word met ‘n tolsnyer gesny. Vir lusern gebruik Hendrik ‘n tolsnyer, maar baie ander boere gebruik nog sekelsnyers.

Die afgesnyde gras lê dan vir ‘n dag of twee om droog te word. Daarna word dit gehark van ‘n lyn van drie na ‘n lyn van twee. Die gras is dan reg om gebaal te word. Hendrik huur die 300 hektaar-lande wat hy bewerk. Hy sê die grootste probleem vir hom is die natuurfaktor waar óf te nat óf te droë toestande baie nadelig is.

Hendrik en sy vrou Louise bestuur ook ‘n ander besigheid met behulp van haar seun, Stefan Alberts. Louise het gesê sy sal nooit die tipe leefwyse verruil vir die stadslewe nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Die boer, die gedig en harde werk

Meer as R2 miljoen se vee verkoop

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version