Local newsNews

Vermisde bejaarde opgespoor

Bejaarde vrou wie as vermis aangemeld is in Magaliesburg opgespoor.

‘n Bejaarde vrou, geïdentifiseer as Rina Bosch van Randfontein wat vir 11 dae vermis was is in Magaliesburg opgespoor.

“Ons het tannie Rina by een van haar vriendinne wat ‘n ouetehuis besit in Magaliesburg opgespoor en sy gaan nou daar woon,” het Chris Fourie, pastoor by die Maranata Aanbiddingsentrum in Middelvlei gesê.

“Hulle gaan na haar omsien. Dankie vir al julle moeite en omgee. Dit word werklik waardeer.”

Bosch was glo by ‘n vriendin opgetel wat haar opgeneem het in haar ouetehuis. Die vrou het gesien dat Bosch se bediening opsoek was na haar en sy het hulle laat weet sy is veilig.

Fourie sê hy gaan die ouetehuis besoek om seker te maak Bosh is wel veilig.

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 413 8726.

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

Also read:

Man met epilepsie vermis

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button