Rappies se Welpie-seuns die ware Jakob

Rugbyseisoen eindig op hoë noot.

Rappies Pre-Primêr beoog om hul spelers te beloon wanneer hul rugbyseisoen op 20 Junie afsluit.

Volgens die skool sal spelers met trofeë beloon word vir hulle toewyding en deelname aan wedstryde gedurende die seisoen.

Spelers kan daarna uitsien om Mufasa, die Goue Leeus se gelukbringer te ontmoet. Hulle sal nie net na ‘n motiveringspraatjie luister nie maar ook bederf word met springkastele en lekkernye terwyl ouers vriendskappe onder mekaar verstewig.

Rappies se Welpie-seuns het reeds vroeg in Februarie volstoom begin oefen. Hulle is toe die reëls en vaardighede van rugby geleer.

Niks kan vir Divan van der Berg stuit nie.

Elke speler het later daardie maand ‘n rugbybroek ontvang wat Unigrain geborg het. Die afrigters het ook hulle splinternuwe afrigterhemde en waterbottels ontvang. Hul eerste wedstryd was op 28 Februarie by Westgold en hulle het sterk gestaan met vyf spanne van agt spelers elk.

By die geleentheid het ouers die kinders vermaak deur rip/ tag-rugby te speel en die spelers het ook hulle nuwe rugbytruie, geborg deur Dawid en Ina Marais van Elmaris Electrical, bekendgestel. Sarel en Maritza de Koker het vir elkeen ‘n Drimac geborg, en Rocky en Martie Mestré het vir elke speler ‘n sportsak geborg.

Op 23 Mei het hulle aan Rapportryer se Welpie-rugbydag deelgeneem en dit het goed gegaan.

Exit mobile version