Ram klop Rappies op hul tuisveld

Ram-rugbyspelers maak hoof trots.

Die jaarlikse wedywering onlangs tussen Laerskool Randfontein (Ram) en Rapportryer (Rappies) was  deur Ram gewen.

Hierdie twee Randfontein-skole stamp elke jaar kop op die rugbyveld en is iets om te aanskou. Vanjaar se kragmeting het op Rappies se sportgronde plaasgevind.

Francois Coetzee, sporthoof van Ram het ‘n geesvangsessie voor die wedstryde gereël om die mannetjies te motiveer.

“Eers het al die rugbyseuns in die saal bymekaar gekom, waar hul deur die afrigters en dan deur ‘n motiveringsvideo opgebou is. Die res van die skool het saam met die rugbyseuns in die saal vergader. Die rugbyspanne, hul kapteine en afrigters is aan die leerlinge voorgestel.

“Elke span het die geleentheid gekry om hul kreet te skree. Leon Haupt, ons skoolhoof, het die geleentheid afgesluit met die woorde: “Manne maak ons trots,” het Annie Nolan, woordvoerder van Ram gesê.

Onder die leiding van Steve Greyvenstein, John Wray en Patrick Masser het Ram se eerstespan toe 17-0 gewen.

Nolan vertel hoe Ram vanjaar hard op hul rugby fokus met die doel om weer tops te wees.

“2015 was ‘n baie goeie jaar vir Ram-rugby. Die wedstryde teen Rapportreyer het weereens bewys dat Ram ‘n krag is om mee rekening te hou.”

Die eerstespan saam met Francois Coetzee, John Wray, Patrick Masser en Steve Greyvenstein. Foto: Annie Nolan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version