Local newsNews

Bingo-wenners slaan goot prys van R42 000 los

Wenners stap weg met kruideniersware en 'n vakansie.

Die Westonaria Rotaryklub het onlangs ‘n fondsinsameling dmv ‘n bingo-aand gehou waar die wenners ‘n groot prys gewen het.

Die groot prys is ‘n vakansie ter waarde van ongeveer R42 000 by die Kruger Park Lodge.

Die prys was gewen deur Lou en Ross Beukman van Sandton. Geluk was beslis aan hulle kant, want die paartjie het ook die looitjie vir die kruiwa met kruideniersware gewen.

Verder het Kobus en Vicky Kotze die Masterchef-wynversamelingprys losgeslaan.

Westonaria Rotaryklub wil graag die belangrikste prysskenkers bedank en wie tot ‘n suksesvolle aand bygedra het naamlik Rob Gordon (Clydesdale Engineering Suppliers, Benoni); Basil Synodinos (President Hyper, Krugersdorp) Johnny Hinrichsen (HJL Hersteldienste, Senekal); Yellowstone Spur, (Carletonville); Danie Visagie; (Overland Drankwinkel,Van der Bijl Park) en Dinah Coetzee van Randfontein.

"Masterchef" wynversameling wenners Vicky en Kobus Kotze.
“Masterchef” wynversameling wenners Vicky en Kobus Kotze.

Related Articles

Back to top button