Local newsNews

Polisielid skiet kolskote

Randfontein-polisieman het weer almal aan die praat.

Michael Bester, ‘n polisieman van Randfontein het weer hoofopskrifte gehaal na sy deelname aan die South African Combat Rifle Association-kampioenskappe in Bloemfontein.

Polisie- en weermaglede van reg oor die land asook Nederland, Botswana, Lesotho en België het aan die kampioenskap deelgeneem.

Daar was Michael een van vier skutte wat provinsiaal ‘n tweede plek in die B-klas behaal het vir die Komasaris-beker. In die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Bester algemene derde plek in die A-klas behaal.

Adjudant-offisier Michael Bester met 'n paar van sy medaljes.
Adjudant-offisier Michael Bester met ‘n paar van sy medaljes.

Hy het al 260 medaljes verower, wat insluit:

• Goud in die 100 meter knielafdeling

• Brons in die 200 meter snelvuur

• Brons in die 300 meter applikasie

Michael het ook al sy Nasionale Provinsiale kleure in 2013 verwerf en derde gekom in die Nasionale A-klas afdeling. Hy het dieselfde jaar die 32ste plek behaal uit 117 polisiemanne wat deelgeneem het.

Michael het in 2007 sy passsie vir skiet begin uitleef en het vertel die geheim is toewyding en baie ure se oefen. Hy het ook gesê dit is ‘n sport wat baie dissipline verg en die vermoë om te konsentreer is van kardinale belang. Die veiligheidsaspek is natuurlik bo-aan die lys en ‘n skut moet die hele tyd bewus wees van sy onmiddellike omgewing.

Sy groot liefde vir skiet het hy by sy pa gekry en het gebieg, “As die skietgogga jou eers byt, dan is dit verby.”

Related Articles

Back to top button