NG Welsyn R’fontein bederf hul ondersteuners

Bedankings aan die orde van die dag.

Die NG Welsyn Randfontein het op nasionale Tekkie Tax Dag (29 Mei) al hulle ondersteuners met ‘n ontbyt bederf.

Die doel was om die gemeenskap van Randfontein te bedank vir hulle ondersteuning en die dienste wat hulle aan die kantoor lewer. Hulle het ook dankie gesê vir skenkings en die tyd wat vrywilligers afstaan om die maatskaplike werkers by te staan.

Hulle het ook elke persoon wat betrokke is by die NG Welsyn Randfontein se dienslewering opreg bedank vir die verskil wat hulle maak in die lewens van mense wat nood ondervind.

Om die ontbyt moontlik te maak het hulle donasies ontvang van Tony’s Meat Market, Sunvalley Blommeplaas, Ina Fockens en die NG Gemeente Randpoort.

Hannetjie Marx en haar bekwame span van die NG Gemeente Randpoort het grootliks bygedra tot ‘n heerlike, suksesvolle oggend en daarvoor bedank die NG Welsyn Randfontein hulle hartlik.

Enige persoon wat deel wil wees van die wenspan, kan vir Dorétte Potgieter by 011 412 1035 tydens kantoorure skakel.

Exit mobile version