Local newsNews

Enigiemand vir ‘n Vadersdagfees?

Ondersteun ander deur jou en jou familie fees toe te neem.

HospiceWits wat gemeenskappe in en om Johannesburg asook Soweto ondersteun nooi die inwoners van Randfontein om hul Vadersdagfees op 21 Junie by te woon.

Die geleentheid en fondsinsameling vir die organisasie sal by Glenburn Lodge in Muldersdrift plaasvind.

Volgens organiseerders sal al die fondse wat daar ingesamel word hulle in staat stel om verdere noodsaaklike dienste aan die gemeenskap van Johannesburg and Soweto te lewer.

Die dag beloof propvol pret en vermaak vir ‘n ieder en ‘n elk in die geselskap van Suid-Afrika se talentvolste sangers te wees.

Die talentlys sluit in Dewald Wasserfal, Amor Vittone, Jakkie Louw, George Meiring en Elizma Theron. Daar sal pryse wees wat deur die dag gewen kan word, met trots aangebied deur Vilje Maritz.

Daar sal mobiele eetplekke wees om in almal se piekniekbehoeftes te voorsien, en piekniekkomberse, sitplekkussings, pette, sambrele, koelsakke en waterbottels sal te koop wees.

Die toegangsgeld is R130 per persoon, of R100 per persoon as die kaartjies vooraf gekoop word. Kinders jonger as 10 kry gratis toegang. Veilige parkering sal beskikbaar wees teen R10 per motor.

Toegangshekke maak om 10.30vm oop sluit om 4nm.

• Navrae: Skakel gerus die HospiceWits-bemarkingspan by 011 483 9170 of epos Brendon Meiring-Pollock by bpollock@hospicewits.co.za of besoek hul webwerf www.hospicewits.co.za.

Related Articles

Back to top button