Local newsNews

NG Welsyn R’fontein bederf hul ondersteuners

Badankings aan die orde van die dag.

Die NG Welsyn Randfontein het op Nasionale Tekkie Tax Dag al hulle ondersteuners met ‘n ontbyt bederf.

Die geleentheid se doel was om die gemeenskap van Randfontein te bedank vir hulle ondersteuning en dienste wat aan die kantoor gelewer word. Bedankings was ook gedoen vir items wat geskenk word, donasies en tyd wat spandeer word deur vrywilligers wat die maatskaplike werkers bystaan.

Hulle het ook elke persoon wat betrokke is by die NG Welsyn Randfontein se dienslewering opreg bedank vir die verskil wat hulle maak in mense se lewens wat nood ondervind.

Om die ontbyt moontlik te maak het hulle donasies ontvang van Tony’s Meat Market, Sunvalley Blommeplaas, Ina Fockens en die NG Gemeente Randpoort.

Hannetjie Marx en haar bekwame span van die NG Gemeente Randpoort het grootliks toegedra tot ‘n heerlike, suksesvolle oggend en daarvoor bedank die NG Welsyn Randfontein hulle hartlik.

As enige persoon deel wil wees van die wenspan, kan hulle Dorétte Potgieter by 011 412 1035 tydens kantoorure skakel.

Die ontbyt was op Nasionale Tekkie Tax dag aangebied.
Die ontbyt was op Nasionale Tekkie Tax dag aangebied.

Related Articles

Back to top button