Moontlike sindikaat merk huise vir beplande inbrake

Huise en strate word gemerk om te teiken.

Robbie Dercksen van Special Operations Solutions (SOS) waarsku inwoners dat huise en strate gemerk word met die doel om dit te beroof.

Die afgelope paar dae het SOS baie rooi merkers in verskillende areas in die dorp gewaar.

Dercksen sê rooi dui gewoonlik aan dat die inwoners van die huis hulle gewelddadig kan teenstaan en dat die rowers heel waarskynlik gewapen gaan wees.

SOS verwyder al die merkers soos hulle daarop afkom, en volg ook alle leidrade op wat die moontlike nuwe sindikaat kan stuit. Rooi merkers word ook om lamppale gebind om die spesifieke straat aan te dui waar die inbraak beplan word.

Groen sproeimerkers is ook opgemerk en SOS is op die uitkyk vir enige nuwe tipe merkers. Daar word ‘n beroep gedoen op alle inwoners om bedag te wees op die merkers en as hulle dit gewaar, moet hulle foto’s neem en dit na SOS se noodnommer WhatsApp.

Die nommer is 076 269 9752 en enige iemand wat meer inligting het, kan hulle skakel. SOS is 24 uur beskikbaar.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

SOS neem standpunt in teen misdaad

Domestic worker escapes ‘brutal’attack

Piggy bank robbers on the loose

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version