Drie van Ram haal D2-skaakspan

Hoe meer die leerlinge speel, hoe beter word hul skaakvaardighede.

Laerskool Randfontein (Ram) se leerlinge het met trots aan die jaarlikse D2-skaakproewe by Randfontein High School (RHS) deelgeneem.

Skaak by Ram staan onder die leiding van onderwysers Magda Graaff en Riekie Gerber en die leerlinge oefen twee keer ‘n week saam met hul afrigters.

“Hoe meer die leerlinge speel, hoe beter word hul skaakvaardighede,” het Annie Nolan, woordvoerder van die skool gesê.

“Die vernuftigheid van die jong leerlinge het duidelik na vore gekom tydens die proewe.”

Leerlinge wat in die D2-skaakspan opgeneem is:

• Waldo Greyling – seuns o.9 (4de plek)

• Drytton Barnard – seuns o.9 (10de plek)

• Christel Graaff – dogters o.9 (4de plek)

Exit mobile version