Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

10/10 vir Ram-netbal

Laerskool Randfontein beleef uitstekende netbalseisoen.

Onder leiding van onderwyseres Janie Fourie het Laerskool Randfontein (Ram) ‘n uitstekende netbalseisoen beleef.

“Daar word gefokus op netbalvaardighede en ekstra netbalklinieke elke week, ook gedurende die jaar,” het Annie Nolan, woordvoerder van Ram gesê. Die harde werk het vrugte afgewerp en Ram se o.11B- en o.13B-netbalspan is hierdie seisoen as ligawenners aangewys.

Ses van Ram se netbalspelers het dan ook aan die D2-netbalproewe deelgeneem waarvan drie die span gehaal het.

Netbalspelers in D2-span opgeneem:

• Devonique Breedt

• Vaughné Pretorius

• Chané van Niekerk

Hierdie drie het ook aan die Gauteng-netbalproewe deelgeneem en Devonique is gekies as een van die o.12 Gauteng-netbalspelers.

“Dis ‘n fantastiese prestasie. Die hoof en personeel van Ram is baie trots op al die netbalspelers wat so mooi gespeel het tydens die seisoen,” het Nolan gesê.

Related Articles

Back to top button