Drie van Ram haal D2-skaakspan

'Hoe meer die leerlinge speel, hoe beter word hulle.'

Laerskool Randfontein (Ram) leerlinge het met trots aan die jaarlikse D2-skaakproewe by Randfontein High School (RHS) deelgeneem.

Skaak by Ram is onder die leiding van onderwysers Magda Graaff en Riekie Gerber. Leerlinge oefen twee keer ‘n week met hul afrigters.

“Hoe meer die leerlinge speel, hoe beter word hul skaakvermoë,” het Annie Nolan, woordvoerder van die skool gesê.

“Die vernuftigheid van die jong leerlinge het duidelik na vore gekom tydens die proewe.”

Leerlinge wat in die D2-skaakspan opgeneem is, is:

• Waldo Greyling — seuns o.9 (4de plek)

• Drytton Barnard — seuns o.9 (10de plek)

• Christel Graaff — dogters o.9 (4de plek)

Exit mobile version