Local newsNews

Rikasrus sing en samel kos in vir behoeftiges

Gemeenskap en sangers klim in vir 'n goeie doel.

Thearesa en Claudia Kupper was die gaskunstenaars by Hulpkas liefdadigheid se voedselinsamelingsprojek Sondag (17 Mei).

Die voedselinsamelingsprojek is vir behoeftiges in Rikasrus, Vleikop, Blaauwbank en Dennydale.

Die Hulpkas liefdadigheid is deur Kleintjie Erasmus begin. Kleintjie is ‘n lid van die Rikasrus Buurtwag en het ‘n nood in die gemeenskap raakgesien en saam met Pottie Potgieter, deel van Mapogo Sekuriteit se reaksiespan en voorsitter van die buurtwag die projek geloods.

Hulle het besluit om kos vir die behoeftiges in die areas wat deur die buurwag gedien word, in te samel. Die liefdadigheid het ‘n ‘ingangsfooi’ van ‘n blikkie nie-bederfbare voedsel gevra en mense het met sakke vol kos opgedaag.

Die gebruik van die saal wat die liefdadigheid gebruik het is gratis vir hulle aangebied. Die buurtwag vergaderings word ook by die saal gehou. Buiten dit was daar ‘n paar manne by die braai wat twee potjies aan die gang gehou het. Meer as 40 mense het Hulpkas se projek op die dag ondersteun.

Hulpkas is ‘n paar weke aan die gang en is dringend opsoek na kos donasies.

Vir enige navrae kontak Kleintjie Erasmus by 079 552 5137.

Claudia Kupper, Thearesa se dogter het ook op die dag opgetree.
Claudia Kupper, Thearesa se dogter het ook op die dag opgetree.
Thearesa Kupper het op die dag gratis opgetree.
Thearesa Kupper het op die dag gratis opgetree.

Related Articles

Back to top button