CrimeLocal newsNews

R5-aanvalsgeweer word speelding

‘Hou hom net veilig, ek sal hom later kom haal’ — polisieman glo aan vrou.

Daar word ondersoek ingestel teen ‘n konstabel van die Randfontein Polisie nadat hy glo sy R5-aanvalsgeweer op ‘n toneel vergeet het.

Die grootste skok is dat ‘n eenjarige dogtertjie met die geweer gespeel het.

Daar word verstaan dat twee polisiebeamptes Dinsdag by ‘n huis in Randfontein opgedaag het na ‘n inbraak om ‘n verklaring af te neem, waarna een van hulle toe hul R5-aanvalsgeweer agter gelos het.

Kobus van Zyl, pa van die dogtertjie het aan die Herald verduidelik dat daar op die dag in sy erf ingebreek is en sy kragopwekker gesteel is. Hy was in Germiston en sy vrou en dogtertjie was alleen by die huis toe die voorval gebeur het.

Sy vrou het ‘n sekuriteitsmaatskappy gebel en hulle het die polisie ontbied. Intussen is Kobus op pad terug vanaf Germiston waar hy werk. Twee polisiebeamptes het toe opgedaag en ‘n verklaring van Kobus se vrou geneem. Hulle is toe daar weg.

“My vrou sê sy het die deur gesluit, badkamer toe gegaan en toe sy uit kom sit ons dogtertjie in die sitkamer met die geweer en speel.”

Volgens Kobus was die polisieman nalatig en is die voorval onbeskryfbaar.

“Ek is p!@#$% off. Wat as my kind haarself geskiet het? My kind kon haar lewe verloor het,” het Kobus gesê.

Hy sê verder toe die polisieman sy fout agterkom het hy glo sy vrou gebel en gesê: “Hou hom net veilig, ek sal hom later kom haal.”

Kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie-woordvoerder, het die voorval bevestig, “Ons ondersoek die saak. Departementele stappe sal volg.”

Die Herald het verdere ondersoek ingestel en gevind dat hierdie tipe voorval nie die eerste is nie.

In 2013 het IOL News berig dat die polisie oor die 2 300 wapens in drie jaar verloor het en is daar kommer uitgespreek.

Kobus is nou opsoek na iemand in die gemeenskap wat hom kan help om die saak verder te neem.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button