Local newsNewsUpdate

Geloof en hoop dra hulle

'Dit help nie 'n mens blameer jouself of ander oor wat gebeur het nie.'

“Boeboe, Kyk hier …”

Dit is die gereelde woorde wat die driejarige Tristan Sellwig – wat as ‘n wonderwerk beskou word nadat hy ‘n amperse verdrinking sewe maande gelede oorleef het – sy ma Chantal by hul huis in Randfontein hoor sê.

Hy is reeds twee maande terug by die huis nadat hy vir maande lank rehabilitasie ontvang het.

Chantal plaas ‘n handpop op ‘n staander langs hom neer en die oë van dié pop, gedoop as ‘sy Zebra-maatjie’ en sy oë ontmoet.

“Dit gaan regtig baie goed met hom. Die handpop word gebruik om sy oë te dwing om ook meer regs te kyk, alles deel van terapie.”

Tristan het verlede November saam met sy ouer boetie Paulie by hul ouma Lynette Minnie in Rant-en-Dal, Krugersdorp gekuier toe hy in die swembad beland het.

En om te aanvaar en vrede te maak met wat gebeur het, is reeds terapeuties ook vir Chantal en haar man Paul.

“Dit help nie ‘n mens blameer jouself of ander vir wat gebeur het nie. Die tyd kan nie teruggedraai word nie en al wil ‘n mens huil is die enigste pad vir vernuwing om voerentoe te kyk.”

Sy haal haar slimfoon uit en sit dit langs hom neer.

“Hy hou van stories luister en ‘n toep wat ek op my foon afgelaai het vertel vir hom stories – in Afrikaans.”

Op ander geleenthede is dit dan wanneer Paulie ook saamsit en luister.

“Om ‘n voltydse ma en dan ook nog werk tussendeur te probeer doen is moeilik, maar ‘n mens maak ‘n plan.”

Sy is daarom dankbaar vir haar huiswerker Koba Douths wat hom deur die dag versorg en seker maak hy het alles wat hy nodig het.

“Hulle het ‘n baie sterk band, want sy ken hom as ‘n energieke kind wat nooit stilgesit het nie tot die ongeluk gebeur het,” het Chantal gesê.

Koba loer vir Tristan en sê: “ek is lief vir jou!

Tristan-Medium (931x600)

“Ja hy het van die begin af in my hart gekruip en al is hierdie nou my eerste ondervinding om met so ‘n kind in hierdie toestand te werk is, bly dit steeds ‘n plesier.”

Paulie, het Chantal gesê, is net bly om sy boetie terug by die huis te hê.

“Hy soen hom en praat met hom. Hy wil nou net weet wanneer gaan sy boetie weer gesond word sodat hulle buite kan gaan speel.”

Wanneer dit gebeur dan vat sy vir Tristan buite in sy stootwaentjie.

“Hy begin al stadig te giggel wanneer ek met hom speel en hy begin ook te glimlag,” het Chantal gesê.

Die dokters is self al tevrede met sy vordering en daar word nou hard gewerk om hom van rehabilitasie wat hy steeds by die Netcare Rehabilitasie-hospitaal in Auckland Park te speen.

Daar word nou meer intensief met terapeute gewerk om hom te help sodat sy brein van vooraf kan leer om met sy liggaam te kommunikeer.

“Hy is weer soos ‘n baba, maar ek is vol vertroue dat hy volkome sal herstel. Ek glo as dit nie was vir die verbetering wat hy toon wat saam met geloof daarin gepaardgaan nie, dan weet ek nie hoe ons hierdeur sou kom nie.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Goeie nuus oor Tristan na ongeluk

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

 
Back to top button