Local newsNewsSchools

Emma van 7de Laan besoek crèche

Bekende aktrise vier ouma en oupa dag met R'fontein kleuters.

Die bekende Bertha le Roux wat die rol van Emma in die bekende sepie 7de Laan speel was pas in Randfontein om oupa en ouma dag saam Building Blocks Crèche te vier.

Die gebeurtenis het Saterdag 9 Mei by die NG Randfontein Noord plaasgevind. Daar was ‘n ontbyt gereel vir al die ouers en grootouers wat daar was.

Al die kinders van die crèche was voor geroep om vir Bertha se gesangies en stories te luister.

‘n Kaalvoet Bertha het reg voor gestaan en vir kinders van Noag en die Ark vertel. Kinders moes ook help om ‘n speel-speel boot te bou soos die een wat Noag in die Bybel gebou het. Gesangies was gesing en kinders het lekker vir al Bertha se grappies gelag.

Na die skou was daar fotos op al wat tegnologie is soos selfone, tablette en kamaras van Bertha en kinders afgeneem.

Kinders het na die fotosessie hul eie Arke gebou met papierborde onder die leiding van Bertha en hul grootouers.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

 
Back to top button