Local newsNews

Welkom, nuwe pastoorspaar

'Om predikant te wees is glad nie 'n beroep nie, eerder 'n roeping'.

Daar’s ‘n nuwe predikant in die dorp.

Randfontein, ontmoet Hennie en sy vrou Antoinette Venter, die nuwe pastoorspaar van die Lede en Christus Kerk Lighuis Gemeente in Helikon Park.

Hennie is deur hoofkantoor oorgeplaas en amptelik op 10 Maart 2015 as leeraar van dié kerk aangestel. Hy neem oor by Schalk Potgieter wie glo ‘n beroep in Phalaborwa aanvaar het met die plan om af te tree.

Volgens Hennie is predikant wees “glad nie ‘n beroep nie, eerder ‘n roeping van ons allerhoogste af.”

Hy verduidelik dat hy vir jare lank in die mynbedryf op Driefonteingoudmyn was maar dat ‘n ongeluk in 1995 weens ‘n rotsstorting veroorsaak het dat hy twee rugwerwels breek. Hy het toe vir twee jaar lank, tot en met 1997 by die myn slegs adminstratiewe werk gedoen en toe in 1998 besluit om na Randfontein te verhuis. In 2001 het die Venters besluit om in die voltydse bediening te beweeg en vir die afgelope 14 jaar is die Venters as pastoorspaar bekend. Hulle het al gemeentes in Pretoria, Sasolburg asook Boksburg bedien.

“Ek en my vrou is baie positief en opgewonde. Ons glo dit is die wil van die Here. Ons is geinspireer deur die Heilige Gees om vir God en sy arbeidsveld te kom arbeid deur die waarheid van Jesus Christus te kom verkondig,” het Hennie oor sy aanstelling gesê.

Gevra oor sy taak, visie en doel as predikant sê Hennie “Ons beskou Randfontein as ‘n vrugbare arbeidsveld waar gelowiges smag na die waarheid van die evangelie van Jesus Christus. Om geroep te wees is om te alle tye diensbaar te wees in die koninkryksaak van onse Here Jesus Christus.

“Die doel is om ‘n geesgevulde omgewing in Randfontein te skep waar daar ‘n warmlike huishoudelike atmosfeer heers.”

Hennie beskryf homself as iemand mal oor die natuur, iemand wat daarvan hou om te gaan jag en is ‘n gebalanseerde sportman wat van rugby, krieket en atletiek hou.

“Behalwe dat ek daarvan hou om sosiaal te verkeer geniet ek dit ook vreeslik baie om saam my familie te kuier.”

Hennie by 'n handgemaakte kruis.
Hennie by ‘n handgemaakte kruis.

Related Articles

Back to top button