Dagsorgsentrums hou Paasfees met ‘n ‘twist’

'Kleuters het dit vreeslik geniet om saam met die karakters te dans.'

Alhoewel Paasfees reeds verby is, het twee dagsorgsentrums in dieselfde straat onlangs Paasfees gehou met ‘n opvoedkundige twist.

Wat kan ‘n mens sê? Kinders hou van hasies …

Die twee dagsorgsentrums betrokke is Little Angels en Blocks and Shapes.

Chevonne Buitendag van Little Angels het vertel, “Die sentrums het vroeg vanjaar hande geneem om skool vir ons kleuters so lekker as moontlik te maak.

“Ons het What Walrus? (‘n kinderteater-produksie) genader wat ‘n Paashasie en sy helper gekry het om ‘n oulike en opvoedkundige opvoering te kom te doen. Die karakters wat die rol as ‘n Paashaas en sy helper gespeel het is Marissa Claassen en Lldi Kungl.

“Ons het ‘n goeie verhouding met What Walrus? en hulle sal gedurende die jaar verskeie vertonings kom opvoer met verskeie temas.

“Die kleuters het dit vreeslik geniet om saam met die karakters te dans.”

Die twee karakters wie vir die dagsorgsentrums kom kuier het.
Exit mobile version