Gholf vir ‘n goeie doel

Gholfdag bevorder nuwe vennootskappe.

‘n Uiters suksesvolle gholfdag was die afgelope Vrydag op die Krugersdorp Gholfbaan aangebied alles met die doel om die Open Door Foundation in Randfontein te ondersteun.

Volgens Koekoes Cordier, projekbestuurder, is die Open Door Foundation “‘n Niewinsgewende Organisasie wat daarop fokus om vennootskappe tussen geloofgemeenskappe en sakelui te skep vir die welsyn van kinders.”

Vir sakelui skep die stigting ‘n betroubare platform vir gemeenskapsbetrokkenheid.

“Donateurs kan met sekerheid weet dat fondse goed en deursigtig bestuur word en aangewend word vir die doel waarvoor dit bewillig is. Daarby val die focus van die werk wat deur die stigting gedoen word, volledig bine die vereistes wat vir Swart Bemagtiging gestel word. Die stigting is dus in staat om jaarlikse sertifikate uit te reik wat besighede in staat stel om aan BEE-vereistes te voldoen.”

Die fokus van die golfdag was om heerlik te kuier op die baan en ook nuwe vennootskappe te form. Die weer het goed saamgespeel, pryse was aan golfers in verskillende kategorieë oorhandig, en die dag is afgesluit met ‘n heerlike ete.

Mense wat graag met die fondament wil saamwerk is welkom om met Koekoes Cordier te skakel op 083 442 5502.

Neels van Jaarsveld op die Krugersdorp gholfbaan tydens die Open Door Foundation gholfdag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version