Local newsNewsSchools

Rappies nie bang vir winter

Leerlinge van Laerskool Rapportryer maak hul eie komberse.

Die winterkoue is hier en Laerskool Rapportryer is voorbereid vir watookal moederaarde oor die volgende twee maande hul kant toe gooi.

Volgens die skool gaan hulle beslis nie koud kry nie aangesien ‘n paar leerlinge hul eie komberse gemaak het.

‘n Onderwyseres van die skool, Celeste Wentzel wou aanvanklik net komberse aankoop maar dit was volgens haar te onpersoonlik en dus het sy besluit om eerder ‘n projek aan te pak met haar leerlinge.

Die dogters het pienk komberse met Hallo Kitty daarop gemaak en die seuns rooi komberse met Ferrari daarop.

 

Related Articles

Back to top button