GESOEK: Die lekkerste koeksister in Suid-Afrika

Het jy dit in jou om 'n koeksister te maak wat die tong laat klap van lekkerte? Skryf nou in

Elke dorp het daardie één bakker.

Elkeen van ons beweer dat hy al die stroperigste, krakerigste en lekkerste een geëet het. Binnekort sal al dié twyfel en bespiegeling iets van die verlede wees, want Solidariteit Helpende Hand het die soektog na Suid-Afrika se lekkerste koeksister afgeskop.

Dié organisasie, met sy meer as 120 takke, het onlangs die kompetisie genaamd Stoofstories: Dié Koeksister Kompetisie, van stapel gestuur en nooi nou die bobaasbakkers van regoor die land uit om vir dié kompetisie in te skryf.

Volgens Anél du Preez, projekbestuurder van Helpende Hand, is die doel van hierdie projek om nie net die lekkerste koeksister te bekroon nie, maar om ook die wenresep as deel van ’n werkskeppingsprojek te benut waarby die bakker en behoeftiges sal baat.

“Koeksisters vorm ’n belangrike deel van ons Suid-Afrikaanse kultuur en is as’t ware met ons harte vervleg. As mens dink aan eg Suid-Afrikaanse kookkuns is koeksisters beslis een van die eerste dinge waaraan jy dink. Watter beter manier om dan die tradisie te vier as met hierdie kompetisie? Daarom soek ons nou na die koeksister wat jou tong verras en die tong laat klap van lekkerte,” verduidelik Du Preez.

Stoofstories is ook op soek na die stories agter die koeksister en verhale, staaltjies en selfs gerugte oor koeksisters word ingewag. “Daar is talle stories oor koeksisters – die manier waarop die geheime resep behoue gebly het, hoe die resep die Groot Trek oorleef het, of hoe die resep ontdek is – en dié stories moet vertel word,” sê Du Preez.

Inskrywings vir die kompetisie sluit op 31 Mei waarna steeksuitdunrondtes regoor Suid-Afrika gehou sal word.

Die finaal sal in September in Pretoria aangebied word. Vir meer inligting oor die kompetisie, reëls en om in te skryf, besoek www.stoofstories.co.za.

Navrae kan ook gerig word aan:
Anél du Preez
Solidariteit Helpende Hand: Projekbestuurder
012 644 4390
anel@helpendehand.co.za

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version