Local newsNews

AfriForum versoek toegang tot plaasmoordsyfers

'Die publiek was vir lank genoeg in die donker gehou' — AfriForum.

AfriForum het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ’n formele versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, gerig om plaasmoordstatistieke van 1990 tot 2015 aan die organisasie te oorhandig.

Verder versoek die organisasie dat die polisie se metodiek rondom die insameling van statistiek oor plaasmoorde bekend gemaak word.

Dit volg nadat die regering in 2007 bekend gemaak het dat geen verdere statistieke oor plaasmoorde ingesamel sal word nie. Phiyega het egter in Maart vanjaar verklaar dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) eintlik nog al die jare daarmee besig is en beweer dat die syfers om “operasionele redes” steeds bygehou word. Phiyega het dan ook syfers bekend gemaak, wat volgens AfriForum se data (ingesamel in samewerking met die landbou-unie, TLU SA) duidelik foutief is.

AfriForum het onder meer die volgende inligting van die polisiekommissaris aangevra:
1. Jaarlikse statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vanaf 1990 tot April 2015.
2. Jaarlikse provinsiale statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vanaf 1990 tot April 2015.
3. Jaarlikse statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle, ingedeel volgens streke vanaf 1990 tot April 2015.
4. Plaaslike polisiestasies se statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vanaf 1990 tot April 2015.
5. Die dokument waarin die metodologie vir die insameling van data vir 1 tot 4 hierbo, sowel as die verwerking daarvan, uiteengesit word.

Volgens AfriForum en TLU SA se rekords is daar tot en met die datum waarop Phiyega die inligting bekend gemaak het, ten minste 316 verifieerbare plaasmoorde in die afgelope vyf jaar gepleeg. Phiyega het egter beweer dat daar volgens die SAPD slegs 271 plaasmoorde in dieselfde tydperk plaasgevind het.

“Die publiek was vir lank genoeg in die donker gehou en AfriForum beskou dit as noodsaaklik dat die SAPD hierdie inligting bekend maak, ook ter wille van publieke vertroue in die SAPD. Die polisiekommissaris se bewering in Maart vanjaar dat plaasmoorde oor die afgelope vyf jaar afgeneem het, word sterk bevraagteken, aangesien daar meer verifieerbare name van plaasmoordslagoffers op ons lys is as die somtotaal wat deur Phiyega bekend gemaak is,” sê Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

Roets sê verder dat die openbaarmaking van die plaasmoordstatistieke ’n aanduiding sal wees of die polisiekommissaris die plaasmoordsyfers aangepas het om die publiek te mislei, en of die SAPD net nalatig of onbekwaam is om betroubare syfers by te hou.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

AfriForum neem stappe teen plaasmoorde

Nog rolspelers betrek in stryd teen plaasmoorde

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button