Local newsLocal sportNewsSport

Aksiekrieketspan oud maar nie koud

Wie sê outoppies kan nie op die sportveld byhou nie?

Wie sê outoppies kan nie op die sportveld byhou nie?

Ten minste 12 manne aan die ouer kant asook lede van die Wes-Gauteng se bo 50-aksiekrieketspan het almal verkeerd bewys toe hulle as wenners van die ‘Indoor Cricket South Africa (ICSA)’ se bo 50-toernooi aangewys is.

Die span het op 2 Mei in die eindstryd Oos-Transvaal met 45 lopies (97 teenoor 52) geklop en sodoende hul teleurstelling van verlede jaar se eindstryd verloor, begrawe. Dit is ook die eerste keer dat die span die trofee lig.

Die jongste lid van die span is Hentie Prinsloo, 51 en die oudste Roy Pretorius, 62.

Die vyfhoekige provinsiale toernooi is glo ‘n jaarlikse instelling gereël deur ICSA waar vyf provinsies, naamlik Noord-Wes, Wes-Gauteng, Gauteng-Noord, Vrystaat, Gauteng-Oos en Oos-Transvaal deelneem.

Corrie Louw, ‘n lid van die span het gesê, “Die deelnemers neem die krieket ernstig op. Meeste is manne wat vantevore in klubs en selfs provinsiaal gespeel het en in bekende ligas betrokke was.”

Corrie se broer, Niek Louw het gesê, “Daar word fluks voor ‘n toernooi geoefen, selfs gewig verloor en krankhede gedokter met die hulp van vriende, familie en die ‘pynpolisie’.”

Related Articles

Back to top button