Jannas se dinamietredenaars

Twee van Hoërskool Jan Viljoen deur na ATKV-kompetisie se semifinaal.

Twee leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen het aan die ATKV-redenaarskompetisie by Hoërskool Sutherland in Centurion deelgeneem en gekook.

Kyle Grootboom het ‘n voorbereide en onvoorbereide argumenterende toespraak gelewer en Britney Golden ‘n voorbereide toespraak.

“Na ure se afrigting en koppe bymekaarsit was hierdie leerlinge slaggereed om deel te neem teen verskeie skole,” het Tamaryn Smith gesê, woordvoerder vir Jannas.

Die twee dring nou deur na die semifinaal wat in Mei plaasvind.

“Ons goeie wense vergesel hierdie leerlinge. Dankie dat julle Hoërskool Jan Viljoen se naam hoog hou op kultuurgebied,” het Tamaryn gesê.

Exit mobile version