Local newsLocal sportNewsSport

Goud vir Liza in Mauritius

'Ons is verheug dat sy die goue medalje huis toe kon bring' — ma.

Die veelsydige sportdogter Liza Kellerman het weer opskrifte gehaal na ‘n blink vertoning op die atletiekbaan in Mauritius.

Volgens die voormalige leerling van Laerskool Randfontein (Ram) se ma, Christa, het Liza eerste plek behaal in die 800 meter tydens die Tweede CAA Jeug Afrika Kampioenskappe in April.

Selfs die Keniane wat bekend is vir hul lang- en middelafstandvermoë het nie katse kans gestaan nie.

“Ons is verheug dat sy die goue medalje huis toe kon bring,” het Christa bygevoeg.

Liza is tans ‘n leerling van Hoërskool Monument (Monnas) en woon haar lewe lank in Randfontein.

Liza gaan nou volgende aan die SA Ope Kampionskappe in Potchefstroom vanaf 8 tot 9 Mei deelneem.

Hierna is dit skouer aan die wiel met voorbereiding vir die Wêreld Jeug Kampioenskappe in Cali, Kolombia wat 17 Julie plaasvind.

Liza wil graag Atletiek Suid-Afrika (ASA) bedank vir die vertroue wat hulle in haar gehad het om haar te kies om Suid-Afrika se Jeugspan te kon verteenwoordig het. Sy bedank ook haar afrigter Hein Mare wat haar voorberei en ondersteun vir die belangrike jaar wat voorlê.

 

2015 liza 03 (Medium)
Liza op die podium.

Related Articles

Back to top button