Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Rierander skitter as ruiter

Talentvolle leerling van Hoërskool Riebeeckrand het die pryse ingepalm.

Christy Duvenage, ‘n Graad 9-dogter van Hoërskool Riebeeckrand het aan vanjaar se Horse and Wine Festival deelgeneem en uitgeblink.

Sy was in die bevoorregte posisie om vir Benmar Black van Magalies deel te neem in die universele o.18-kategorie. Sy het met een van Benmar Black se ingevoerde hingse gery en die kategorie gewen. Sy is ook as die beste junior ruiter aangewys.

In die universele junior merries-driegang afdeling is sy ook as wenner aangewys. Die talentvolle dogter het talle pryse ingepalm. Sy het in die In-Hand afdeling waar sy met haar eie hings gery het ook as wenner weggestap.

Christy se deelname by die Horse and Wine Festival 2015 is goed afgesluit toe sy as die jonkste friesperdteler in Suid-Afrika aangewys is.

Related Articles

Back to top button