Local newsNewsSchools

Jannas beïndruk graad 7s van sewe laerskole

Hoërskool Jan Viljoen doen hul deel om graad 7s na skool vir 2016 te lok.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het vir twee dae lank (Dinsdag 28 en Woensdag 29 April) graad 7s van minstens sewe laerskole beïndruk – dit natuurlik alles met die doel om hulle vir die 2016-skooljaar te lok.

Om te begin het Jannas hul troefkaart, die pom-poms — wat al vier keer by die Randfontein Skou eerste gekom het — aan die leerlinge blootgestel gevolg deur Jannas se eersterugbyspan-lede wat Graad 7-dogters op hul skouers lig.

Jannas het ook sterk gefokus op hul vyf studierigtings: akademiese-, wetenskaplike-, ekonomiese-, tegniese-, en kunsrigtings.

“Graad 7s het hulle verstom aan die tegniese masjienerie en werkswinkels, wetenskaplike eksperimente, kreatiewe skilderkuns en rekenaarsentrums,” het Smith gesê.

“Jannas roem daarop om tegnologiese leiers te wees en hul implementeer reeds gedurende 2015 hul Scriblr-program (e-leer)”

Die opedae se opwinding is afgesluit met pret in die Jannas-blokke waar Graad 7s in die opgeblaasde skuimput kon speel.

En dit was net skuim waar jy kyk. Meisies en seuns het albie met lang wit baarde uit die put geklim en selfs onderwysers was deel van die pret maar ook nie gewillig nie. Hulle was deur die stoute Graad 11-seuns ingegooi.

Intussen is Graad 7s met roomys en Spur-burgers bederf.

Die ouers was nie vergete nie — hulle beurt was Woensdagaand, die inligtingsaand. Hulle het ook ‘n kans gehad om deur die skool te beweeg. Terwyl die ouers besig was het Graad 7s Jannas se tradisionele kampvuur geniet waar hulle malvalekkers en stokbrood gebraai het.

Graad sewes by een van die Jannas ope dae.
Graad sewes by een van die Jannas ope dae.

Related Articles

Back to top button