Rappies se eerstenetbalspan het die afgelope vakansie hul vaardighede vir die opkomende seisoen opgeskerp.
Volgens die skool het die dogters ’n kursus by Raloka Ranch in Brits bygewoon wat deur Elize Kotze, afrigter van die Suid-Afrikaanse Netbalspan – beter bekend as die Spar Proteas – aangebied is.
Hulle is as die beste span tydens die toer aangewys en het teen top skole soos Menlopark van Pretoria gespeel.