Jannas-rugby verskerp

Hoërskool Jan Viljoen se o.14 en o.15-rugbyspanne het die vakansie gebruik om hulle spel te verbeter.

Die o.14 en o.15-rugbyspanne van Hoërskool Jan Viljoen het gedurende die April-vakansie ‘n afrigtingskliniek en rugbytoernooi by Nyati Sportskool naby Brits bygewoon.

Buiten die hoë vlak van afrigting waaraan die spelers blootgestel is, het die spanne ook aan ‘n mededingende toernooi deelgeneem.

Beide spanne was ook in die eindstryd in aksie teen Vereeniging Gimnasium en Hoërskool Merensky onderskeidelik.

Die afrigters, Herman Badenhorst, Ruan Pretorius en Martin Wijtenberg wil net baie dankie sê aan die ouers wat die toernooi moontlik gemaak het en aan al die spelers vir hulle kaniedood-houdings.

Exit mobile version