VIDEO: 42 dae voor kragdoppie geklink is

'Hoekom moet ons boet vir die munisipaliteite se foute?'

42 dae.

Dit is hoeveel tyd oor is voordat Eskom sy dreigement glo gaan uitvoer om die twee plaaslike munisipaliteite naamlik Randfontein en Westonaria se krag gereeld te onderbreek.

Verlede week was die publiek in rep en roer toe Eskom in ‘n persverklaring verduidelik het hoe Randfontein en Westonaria se krag van 5 Junie af minstens twee keer ‘n dag vir vier uur lank afgesny gaan word – totdat die munisipaliteite hul uitstaande skuld betaal het.

Die probleem raak almal – ongeag of jy ‘n inwoner van die dorp of ‘n besigheidseienaar is.

Die Herald het toe Jan Publiek se mening daaroor gevra. Dit is wat hulle gesê het:

• Sonja Strydom van Westonaria: “Load shedding is al klaar ‘n ongerief. Ons gesin moes ‘n nuwe vrieskas koop toe ons vorige een die gees gegee het as gevolg van die krag wat so baie afgaan. Ons erfbelasting is op datum, ons water is betaal en ons het ‘n prepaid-meter in ons huis vir krag wat ons eers betaal, dan gebruik. Hoekom moet ons boet vir die munisipaliteite se foute?”

• Christopher Tshelane: “We won’t allow this to happen to us, we will act aggressively towards the municipality too. We as residents don’t owe Randfontein Municipality and we have been buying pre-paid electricity for so long, so we don’t owe them.”

• Theo Jonker van Greenhills: “Ek is in Randfontein gebore en ek woon my hele lewe lank hier. Ek glo nie Eskom moet die blaam kry vir die munisipaliteitbestuur se onbevoegdheid nie. Die dorp gaan al vir ‘n geruime tyd agteruit en dit maak mens se hart seer om dit te sien gebeur.”

• Collen Monnakgotla, a designer and business owner: “I saw that load shedding is going to affect my business badly so I decided to move fast by having a Plan B which is buying a generator to keep my business going.”

• Dirk van Zyl van Randgate en eienaar van JG Grassnyersdienste: “Ek betaal duisende rande vir petrolgrasnyers sodat ek kan aanhou besigheid doen as die krag af is. Dit help nie om te kla nie want dit gaan niks help nie. Ek spandeer nou al meer as R2 500 op petrol ‘n maand waar dit my voorheen net R300 gekos het, maar wat kan ek doen, ek moet aangaan.”

• Veearts dr Hendrik Naudé: “Die krag gaan gedurig af en is nie net ‘n ongerief nie maar ook gevaarlik vir ons diere. As ek besig is om te opereer en die krag gaan af, moet ek die generator aansit of ‘n gordyn ooptrek terwyl die dier dan gelos moet word. Dit is ‘n groot probleem, nie net by my praktyk nie maar ook by al die ander veeartse in die dorp.”

Die Herald het verneem dat onwettige kragaansluitings, straatligte wat in sommige areas 24 uur ‘n dag brand, die onbevoegde bestuurders by die munisipaliteit en gelde wat deur korrupte amptenare verkwis word glo ‘n paar van die redes vir die kragdilemma is.

Verwante artikels:

Bad news for R’fontein/ W’aria municipalities

‘Eskom pulling plug will force businesses to close doors’

 

Exit mobile version