Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Rierand-rugby pronk in Puma-wêreld

Twee rugbyspanne van Hoërskool Riebeeckrand wen toernooi, drie spelers ook vereer.

Hoërskool Riebeeckrand se rugbyspanne het gedurende die April-vakansie aan ‘n rugbytoernooi in Grootvlei in Mpumalanga deelgeneem.

Volgens Elzerie Botha, woordvoerder van Rierand het die seuns besonders goed presteer nadat die skool se o.14- en o.16-span as wenners aangewys is.

“Nie net het die seuns baie geleer nie, het hulle ook hul individuele rugbyvaardighede ontwikkel. Drie van ons spelers het ook trofeë ontvang vir hul uitstekende spel,” het Elzerie gesê.

Morné Prinsloo is as die beste o.14-agterlynspeler aangewys terwyl Franco Prinsloo as die beste o.16-agterlynspeler aangewys is en Martin Jacobs as die beste senior voorryspeler.

Tydens die toernooi het die o.15-rugbyspan derde geëindig en die seniorspan tweede.

Related Articles

Back to top button