Hou godsdiens in skole

Mans op fietse fokus om saam met AfriForum steun vir hofsaak (om Christenskap in skole te behou) te werf.

Dominee Henk Stavast en NG-lidmaat, Derke Francis het Hoërskool Jan Viljoen Dinsdag (14 April) besoek.

Hierdie dinamiese manne is besig met ‘n landswye bewusmakingsveldtog om Christenskap in skole te behou.

Hulle beoog om 6 000km per fiets af te lê. Die afskoppunt was in Waverley, Pretoria en van daar af gaan hulle nog 100 dorpe, wat in al nege provinsies geleë is besoek. Tydens hul besoeke aan skole wil hulle leerlinge bewus maak dat godsdiens in skole in die weegskaal is.

Hulle fokus is om, in samewerking met AfriForum, steun vir die hofsaak (om Christenskap in skole te behou) te werf.

Die veldtog het tot dusver R1,3m ingesamel, maar Henk is van mening dat die regskostes tot R3,5m kan beloop.

Hulle doen ‘n dringende beroep op die publiek om die saak te ondersteun.

SMS jou naam na 38315, waarna hulle jou sal kontak vir ‘n donasie van R10.

Exit mobile version