Local newsMunicipalNews

Planne in plek vir verlate huis in Randgate

'Hulp is van die munisipale bestuurder ingeroep sodat die erf skoongemaak kan word'.

Daar is hoop vir inwoners wat langs ‘n leë huis – glo ‘n hawe vir kriminele – op die hoek van Buiten- en Barendstraat woon.

Volgens Alwyn van Tonder, DA Raadslid van Wyk 3 wat al ‘n hele ruk probeer om die oogseer op te los is daar goeie nuus. Volgens hom is daar planne om die huis binnekort te beveilig.

Die leë huis het die eerste keer in die kollig gekom toe daar by Celeste Vorster se woning langs die leë huis twee jaar terug ingebreek is. Volgens haar is die verlate huis toe al ‘n geruime tyd leeg.

Die Herald het in die 26 April 2013 uitgawe Abandoned house attracts criminals oor die verlate huis berig en dat dit ‘n broeiplek vir kriminele en kwaaddoeners is. Skaars twee maande later, op 9 Mei, het die huis weens onbekende redes afgebrand.

‘n Ander inwoner, Frank Hendriks, wat ook langs die verlate huis woon sê dat hulle keelvol is vir die mense wat hulle gemors by die huis stort.

“Daar is ‘n paar mense wat nie maniere geleer het nie en vorseer ons om met die reuk van hul rommel saam te leef,” het hy kwaad gesê.

Die verbrande badkamer van die huis waar gesteelde goedere glo al telke male weggesteek is.
Die verbrande badkamer van die huis waar gesteelde goedere glo al telke male weggesteek is.

Hendriks het ook vertel hoe jong mense dwelms by die verlate gaan staan en gebruik.

“Dit is nou ‘n jaar wat ons hier bly en dit is hoogtyd dat daar iets omtrent die probeem gedoen word,” het Hendriks vertel.

Alhoewel daar planne in die pyplyn is meen raadslid van Tonder “Omdat die huis in ‘n boedel vasgemaak is, moet die regte regstappe geneem word om die probleem op te los. Die munisipaliteit se regsafdeling is tans besig om alle beskikbare opsies te ondersoek.

“Regulasies stipuleer wel dat as ‘n huis wat in die toestand is soos die een in Barendstraat moet dit gesloop word om die veiligheid en waardes van die erwe om hom te verseker. Omdat dit op hierdie stadium nog nie ‘n opsie is nie, het ek die hulp van die munisipale bestuurder ingeroep sodat die erf skoongemaak kan word, die gras kort gehou word en indien moontlik die verbrande oorblywende struktuur te beveilig,” het van Tonder gesê.

Van Tonder meen verder die bogenoemde stappe behoort te verseker dat kriminele nie meer die erf sal teiken as wegsteekplek vir gesteelde goedere nie en dit behoort inwoners te keer om hulle gemors sommer net daar te stort.

Verwante artikel:

Leë huis in Kocksoord ‘n gevaar

Related Articles

Back to top button