Local newsLocal sportNewsSport

Goud en silwer vir Jannas-duo

'Harde werk het van die twee stoeiers kampioene gemaak'.

Jannas Stoeiklub het weer opskrifte gehaal nadat twee stoeiers goed presteer het tydens die SA President Kampioenskappe in Pretoria.

Die SGSV (Sentraal Gauteng Stoeivereniging) se sekretaris-generaal, Festa de Beer het in ‘n brief vir Qail Adam (goud) en Jason Landsberg (silwer) geluk gewens met hul medaljes tydens die kampioenskap op Saterdag (11 April).

“Hierdie is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie vir die twee stoeiers. Deursettingsvermoë en harde werk het van die twee stoeiers kampioene gemaak en dien nou as ‘n aansporing vir ander.

“Aangesien Jannas Stoeiklub maar nog ‘n jong klub van die Sentraal Gauteng Stoeivereniging is moet die afrigters wat aand na aand hul tyd opoffer en moeite doen om stoeiers op te lei ook erkenning kry,” het Festa gesê.

“Ons is baie trots op al ons stoeiers. Hul harde werk wys in die kompetisies en ons is baie opgewonde vir wat die toekoms vir ons klub inhou,” het Robbie van Coller van Jannas Stoieklub gesê.

Qail en Jason is albei leerlinge van Laerskool Rapportryer en het ook nou hul provinsiale- en SA-kleure in stoei verwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button