Skoolseun ‘n Mnr Junior SA-finalis

'My leuse is om net my beste te gee in alles wat ek doen'.

Hendriko Pompei, 9, is ‘n finalis vir Mnr Junior Suid-Afrika wat van 28 April tot 1 Mei by Sun City plaasvind.

Hendriko het modelwerk op sewejarige ouderdom begin doen en neem dié jaar aan Mnr Junior SA deel. Hendriko erken hy sou nie sukses kon behaal het sonder die ondersteuning van sy familie wat altyd saam met hom na al die kompetisies gaan nie.

Volgens sy ma, Rihanna wie omtrent trots is, het Hendriko min selfvetroue gehad. Die modelskool was ‘n manier vir hom om homself te verbeter. Min het Rihanna geweet hoe modelwerk Hendriko as persoon sou laat groei. Hy het vinnig die een na die ander toekenning begin inpalm.

Vanaf sy eerste kompetisie het Hendriko gewen, dit sluit die Battle of the Schools in wat hy drie jaar in ‘n ry gewen het. Verder sluit titels op sy kerfstok in Mr Save A Child 2014, Models 2 B 2013, Golden Glamour (tweede plek), Mr Cansa (tweede plek) en Mnr Valentynsdag (tweede plek).

“My leuse is om net my beste te gee in alles wat ek doen,” het Hendriko gesê.

Hy is ‘n Graad 4-leerling by Laerskool Rapportyer en blink ook uit in akademie, sport, redenaars, kultuur en ander buitemuurse aktiwiteite. Hendriko was ook onlangs deel van die hip-hop dansgroep, Chaos Crew wat aan die Battle of the Giants-kompetisie by Sun City deelgeneem het. Daar het hy ‘n solo-item gelewer, was deel van ‘n duet en het saam met die groep opgetree.

Exit mobile version