Local newsNews

Tania is weer te sien

'Dit is vir my ‘n ongelooflike groot voorreg om vir ons Koning te kan sing'.

Randfontein se Tania Strauss gaan Sondag 19 April by die AGS Middelvlei/Finsbury kerk optree.

Tania is ‘n bekende naam in Suid-Afrika met ‘n string gospel albums agter haar naam.

“Dit is vir my ‘n ongelooflike voorreg om vir ons Koning te kan sing,” skryf Tania op haar webtuiste by www.taniastrauss.co.za

Van Tania se vorige albums sluit in My Liedjie vir Jesus, Nooit alleen, Oppad, Saved by Your blood, U ken my en Ek sal nie twyfel. Haar nuutste album Hou my vas, asook haar nuwe boek Skop jou skoene uit is nou beskikbaar.

Tania het ‘n CD saam met Bobby van Jaarsveld vrygestel met die liedjie, Genees hierdie land wat die duet saam geskryf en opgeneem het.

Die musiekvideo kan hier [https://www.afrikaanse-musiek.co.za/bobby-van-jaarsveld-tania-strauss-genees-hierdie-land/] gesien word.

Gedurende die Randfontein Skou het Tania met die Wêreldbiddag vir Vroue die gehoor se harte verryk met haar kragtige woorde. Moenie die geleentheid misloop nie.

Toegang is gratis en die opvoering begin om 9.30vm.

• Navrae: Pastoor Hendry Sinclair by 082 219 3304

Related Articles

Back to top button