Local newsMunicipalNews

28 hande, slegs twee besems

Groot groep werkers staan en kyk hoe die werk gedoen word.

Die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit is gedurig onder die spervuur omdat die publiek glo niks in die dorp word instand gehou nie.

Hulle meen ook wanneer iets wel reggemaak word, neem dit baie lank aangesien daar te veel werkers is wat net rondstaan. Dit nadat 12 munisipale werkers uit ‘n groep van 14 glo by die kruising van Kennethweg en Homesteadlaan met hande op die heupe gestaan en kyk het hoe die ander twee werkers ‘n slaggat met teer vul.

“Gewoonlik word nie meer as sewe werkers uitgestuur om slaggate te herstel nie, maar wanneer die slaggat wat aangemeld is deel van ‘n lang straat is met baie slaggate kan meer uitgestuur word,” het die nuwe woordvoerder van die burgemeester, Tshidiso Tlharipe gesê.

Hy het bygevoeg dat die omkeertyd om ‘n slaggat op te vul, vandat die slaggat aangemeld is, twee weke is.

Ten spyte van die feit dat Randfontein-inwoners oor die groot groep munisipale werkers gekla het, is die slaggate binne ‘n dag gevul.

Verwante artikels:

Boere en besoekers wil Randfontein boikot weens slaggate

R16 000 se skade weens reuse slaggat

Residents take pothole complaining to a new level

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button