CrimeLocal newsNews

Tiener hospitaal toe na skote deur kamervenster

Onbekende persoon skiet deur venster op kinders.

‘n Saak van poging tot moord word deur die polisie ondersoek nadat ‘n 13-jarige meisie ‘n kopwond opgedoen het toe twee skote deur haar kamervenster gevuur is.

Volgens Randfontein Polisie-woordvoerder kaptein Appel Ernst het die voorval op Maandag 30 Maart omstreeks 8.30nm in Elandsvlei plaasgevind.

“Die familie was rustig tuis toe die meisie se pa twee skote, glas wat breek en sy twee kinders se gille van die kamer af hoor. Die glasskerwe het die meisie se kopwond veroorsaak. Daar is met haar hospitaal toe gejaag waar haar wond behandel is.

“Dit is nog onduidelik wie die skote afgevuur het maar die polisie het forensiese bewysstukke op die toneel versamel en ‘n saak van poging tot moord is geopen,” het Ernst gesê.

Ondersoekbeampte Bongani Mpete van die Randfontein Polisie sal enige inligting wat met die saak kan help, baie waardeer. Skakel hom gerus by 011 278 8100.

Related Articles

 
Back to top button