Local newsNews

Vrouekonferensie: ‘Back to Basics’

'Dit beloof om vir elke vrou van groot waarde te wees.'

AGS Greenhills hou binnekort ‘n twee dae lange vrouekonferensie met die tema ‘Back to Basics’.

Die spreker, Santa Strydom het gesê, “Die vrouekonferensie is vir alle vroue, daarom nooi ons elke vrou in die gemeenskap uit. Dit beloof om vir elkeen van groot waarde te wees. Dit sal elke vrou geestelik verryk en help om ‘n dieper geestelike leefwyse te handhaaf.

“Dis ‘n geleentheid om toegerus te word vir oorwinning op die geestelike slagveld. Moenie die geleentheid misloop nie.”

Onderwerpe wat bespreek gaan word sluit in om die vyand te identifiseer, die wapenrusting van God, om bindings/ vestings te breek, geestelike oorlogvoering en oorwinning op die geestelike slagveld.

Registrasiegelde vir die konferensie beloop R100 per persoon waarby etes en verversings ingesluit is.

Verdere inligting:

• Vrydag 17 April van 6nm tot 9nm

• Saterdag 18 April van 8vm tot 5nm

• Adres: AGS Greenhills, 4 Swansingel, Greenhills, Randfontein.

• Kaartjies beskikbaar by die kerkkantoor. Skakel Jandie by 011 692 3880, Kobie by 082 929 0073 of Santa by 084 581 0767.

Related Articles

 
Back to top button