Local newsLocal sportNewsSport

Teine op soek na o.21’s

'Ons benodig nog die laaste afronding om die groep te voltooi.'

Randfontein Rugbyklub (Teine) nooi rugbyspelers wat deel van die o.21-span wil wees om saam met hulle te kom oefen.

“Daar is ‘n goeie basis van spelers wat Teine se naam hoog hou, maar ons benodig nog die laaste afronding om die groep te voltooi,” het Johann du Toit van die klub gesê.

Indien jy belangstel om deel van die span te wees, woon ‘n oefening by saam met die span. Hulle oefen Dinsdae en Donderdae van 6.30nm tot 8nm by die Randfontein Rugbyklub.

Die afrigters glo aan die vyf kern waardes van rugby en wil ‘n permanente stempel in elke speler se ontwikkeling los.

“Ons gaan hierdie seisoen groot gaan en weet met die regte gesindheid en voorbereiding gaan ons ‘n blywinde indruk skep op ons opponente,” het Johann bygevoeg.

• Navrae: Johann du Toit by 082 550 9762 of Dawie Ernst by 082 317 7036.

Related Articles

Back to top button