Local newsMunicipalNews

Pasop vir die Potness Monster

Ontmoet die Afrika-niggie van die Loch Ness Monster.

Sy kruip onder die padoppervlaktes van Suid-Afrika weg.

Mense sê sy lyk soos die Afrika-niggie van die Loch Ness Monster in Skotland. Die ooreenkoms met ons kameelperd is onmiskenbaar.

Daar word ook beweer dat sy ‘n bietjie meerkatbloed in haar het, want sy tonnel en is ‘n nuuskierige klein gedierte en kom dikwels na die pad se oppervlak om rond te loer.

Ongelukkig laat sy dan ‘n slaggat in die pad en motoriste hou nie baie daarvan nie. As daar na die paaie gekyk word is dit duidelik dat sy noggal lief is vir die Gauteng-area.

Mense wat al die Potness Monster gesien het, sê sy is nie baie intimiderend nie en kinders soek glo ‘n sagte troetel-Potnessie vir slaaptyd.

Ons het op goeie gesag verneem dat Potness vir altyd met ons sal wees aangesien sy hopeloos te skugter is om gevang te word.

Ons sal dus maar verlief moet neem met die nagevolge van haar nuuskierigheid. Die enigste oplossing is om aan die ‘Slaggat Uitdaging’ deel te neem.

Dit werk só:

Stap 1: Neem ‘n foto

• Gebruik jou selfoon en neem foto’s van die slaggate op pad huis toe.

• Alhoewel, moenie ‘n foto neem terwyl jy bestuur nie.

• Moenie stilhou as die omgewing onveilig is nie.

• Laat ‘n passasier eerder die foto neem.

Stap 2: Gaan na Ogaats.co.za

• Gaan na www.Ogaats.co.za en kliek op die “Pothole” knoppie.

Stap 3: Laai jou foto op

• Laai die foto op en gee die adres van die slaggat. Jy kan ook van die klein kaart gebruik maak om die regte area aan te dui. Of as jy nog naby die slaggat is, laat die webtuiste die area deur middel van jou foon se GPS vasstel.

Dit is so maklik soos 1-2-3, en jy het ‘n slaggat binne 30 sekondes aan die betrokke owerheid gerapporteer.

Moontlik kan ons nou met die kleine monster onder ons wiele saamleef.

Die ware slaggat op die hoek van Homesteadlaan en Van Riebeeckweg.
Die ware slaggat op die hoek van Homesteadlaan en Van Riebeeckweg.

Related Articles

Back to top button