Local newsNews

Het jy Christiaan gesien?

Jong man as vermis aangemeld sedert Oktober verlede jaar.

Christiaan Badenhorst is sedert 8 Oktober 2014 as vermis aangemeld.

Christiaan, van Randfontein, wat 17 was tydens sy verdwyning is nou vir al meer as ses maande weg.

Volgens die nie winsgewende organisasie (NWO), The Pink Ladies wat polisie en families help om vermiste mense op te spoor, het die Badenhorst-familie nog nie hoop verloor nie en glo hulle vas dat Christiaan weer terug sal kom huis toe.

Tydens sy verdwyning het Christiaan ‘n kort grys hemp, Jeans en swart skoene aangehad.

Dessie Rechner van Pink Ladies het gesĂȘ dat daar in Krugersdorp, wat ‘n klipgooi weg van Randfontein is, alleen omtrent vyf kinders as vermis aangemeld word per maand wat buitensporig hoĂ«r is as die norm. Rechner verduidelik dat in sommige gevalle waar kinders wel opgespoor is was dwelms of drank betrokke.

“Ouers moet weet wat in hulle kinders se lewens aangaan, dit sluit in waar hulle kuier of uithangplekke is, wie hulle vriende is en waar die vriende woon. Ouers moet ook oplet as kinders se eetgewoontes of buie verander sodat dwelmmisbruik vinnig geidentifiseer kan word,” het Rechner gesĂȘ.

Rechner het ook bygevoeg dat ouers moet probeer om altyd huidige fotos van hulle kinders byderhand te hĂȘ vir die polisie indien hulle verdwyn.

Die polisie het gevra dat enige iemand met informasie oor Christiaan asseblief die ondersoekbeampte Nobela kontak op 083 422 1117 of vir Kaptein Ernst op 082 853 0403/011 278 8130.

Related Articles

Back to top button