Jannas-netbal op koers vir titel

Eerstenetbalspan in halfeindstryde van Super Reeks, maar eers na April-vakansie.

Hoërskool Jan Viljoen se eerstenetbalspan is op koers vir ‘n titel in die sportsoort – iets waarvoor hulle sedert Desember verlede jaar hard werk.

Volgens die skool is die span vanaf daardie maand hard aan die oefen en sedert Januarie twee keer per week teen netbalspanne van regoor die land in aksie.

Die span speel ook huideglik in die Super Reeks van 12 skole en het twee uit hulle drie wedstryde gewen. Die halfeindstryde vind na die April-vakansie plaas.

Jannas is weer gelukkig om vanjaar ‘n paar borge te kry om van die klere te borg en die skool wil hulle net uit hul harte uit bedank.

“Sonder borge sou die dogters nie so mooi kon lyk nie en ek glo vas ‘n goeie beeld kweek positiewe resultate,” het ‘n onderwyser van die skool en afrigter Sylvia Maas gesê.

Exit mobile version