Local newsNewsSchools

Pret laat die meel spat

Rierand hou Kleurfees vir minderbevoorregte families.

Dit was onlangs groot pret toe Hoërskool Riebeeckrand se seniorraad ‘n Kleurfees aangebied het.

Leerlinge is gevra om gedurende die week nie-bederfbare kos skool toe te neem vir die skool se voedingsprojek. Die produkte word dan in pakkies opgemaak wat vir minderbevoorregte families van die skool gegee word oor die April-vakansie.

“Ons wil seker maak daardie families ly nie honger gedurende die vakansie nie,” het onderwyser Rina Botha gesê.

Leerlinge wat produkte skool toe gebring het, het ‘n sakkie gekleurde meel gekry. Sakkies gekleurde meel kon ook teen R5 gekoop word wat tot die projek bygedra het.

Die leerlinge het op die rugbyveld bymekaargekom waar hulle in ‘n gemerkte area mekaar kon gooi en inkleur met die meel. Almal het dit vreeslik geniet en dit was nie lank voor almal deel gehad het in die feestelikheid nie.

Seuns het op die meisies gefokus wat hulle ‘n oog op het terwyl die wat braaf was, sommer in die hardloop groepe leerlinge vol meel gegooi het.

Die fees was ‘n reuse sukses en genoeg kos en geld is ingesamel om kospakkies aan ‘n klomp families te gee.

Related Articles

Back to top button