Groot konferensie oor Paasnaweek

Die Maranata Aanbidding Sentrum nooi almal hartlik uit om saam met hulle konferensie te hou.

Die Maranata Aanbidding Sentrum nooi alle kerke en die gemeenskap in Randfontein na hul Liefde Kosmos Niks konferensie in April.

Pastoor Chris Fourie van die sentrum het gesê, “Die konferensie van Donderdag 2 tot Sondag 5 April gaan iets vir almal bied en beloof om ‘n baie besonderse belewenis te wees.”

Die volledige program is as volg:

• Donderdag 7nm: Openingsdiens met pastoor Martiens Maritz

• Vrydag 8vm: Biduur met pastoor Martin Wijtenburg

• Vrydag 10vm: Oggenddiens met pastoor Manie de Kock

• Vrydag 10vm: Nagmaal met pastoor Hansie Vermeulen

• Vrydag 6nm: Aanddiens met pastoor André de Jager

• Saterdag 8vm: Biduur met pastoor Phillip Friggens

• Saterdag 10vm: OKR-vergadering

• Saterdag 10vm: Vrouediens Sus Christie Coetzee

• Saterdag 3nm: Kinderkerk met Middelvlei Kinderkerk

• Saterdag 6nm: Jeugdiens met pastoor Dawie Foord en pastoor Kobus Boshoff

• Sondag 8vm: Biduur met pastoor Kallie Kriel

• Sondag 10vm: Oggenddiens met pastoor Marinus Coetzee

• Sondag: Nagmaal met pastoor Johan Prinsloo

Ordenings diens sal tydens die oggenddiens plaasvind

Sondag (5 April) 18:00 Aand Diens Past. Erel van Niekerk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version